Beta Israel | |
---|---|
Totale bevolking: | 150 000 |
Belangrike bevolkings in: | Israel 120 000[1] (2011) 1,75% van die Israeliese bevolking, >2,15% van die Israeliese Jode Ethiopië 4 000[2]–8 000 |
Taal: | Historiese Joodse tale: Kayla • Qwara Liturgiese tale: Ge'ez • Hebreeus |
Geloofsoortuiging: | Judaïsme (Hajmanot • Rabbynse Judaïsme) • Christendom (Ethiopies-Ortodokse Kerk, Falash Mura en Beta Abraham) |
Verwante etniese groepe: | Jode, Asjkenasiese Jode, Bene Israel, Bergjode, Boerejode, Mizrachi-Jode en Sefardiese Jode; Amhare en Tigrinya |
Die Beta Israel (Hebreeus: בֵּיתֶא יִשְׂרָאֵל, Béjte Jisra'él; Ge'ez: ቤተ እስራኤል, Bēta 'Isrā'ēl, hedendaags: Bēte 'Isrā'ēl, Encyclopaedia Aethiopica: Betä Ǝsraʾel, letterlik: "Huis van Israel" of "Gemeenskap van Israel"[4]), ook bekend as Ethiopiese Jode (Hebreeus: יְהוּדֵי אֶתְיוֹפְּיָה, Jehoedéj Etiópija; Ge'ez: የኢትዮጵያ አይሁድዊ, ye-Ityoppya Ayhudi), is Jode wie se gemeenskap oor eeue heen in die gebied van die Koninkryk Aksum en die Keiserryk van Ethiopië, wat nou tussen die Amhara- en Tigray-streke van Ethiopië en Eritrea verdeel is, geleef en ontwikkel het. Die meeste van hierdie mense het sedert die laat 20ste eeu na Israel geëmigreer.[5] Hulle word ook Falasja genoem, wat uit Oud-Ethiopies (Ge'ez) afgelei is en "uitgewekenes" of "uitgeweke" beteken en 'n neerhalende konnotasie behels.[6] In Ethiopië het hulle 'n kaste van ambagsmanne gevorm wat oor eeue heen smeewerk uitgeoefen het, omdat hulle nie grond kon besit nie.[7]
Die Beta Israel was eens in noordelike en noordwestelike Ethiopië in meer as 500 klein dorpies oor 'n groot gebied wyd versprei, saam met bevolkings van Moslems en hoofsaaklik Christene.[8] Die meeste van hulle was gekonsentreer in die gebied rondom en noord van die Tanameer en die Blou Nyl, in die Gondar-streek saam met die Wolqayit, Shire en Tselemt, Dembia, Segelt, Quara en Belesa.
Die Beta Israel het in die latere 20ste eeu hernude kontak met ander Joodse gemeenskappe gemaak. Na Halagiese en grondwetlike besprekings het Israeliese amptenare op 14 Maart 1977 besluit om die Israeliese wet van terugkeer op die Beta Israel toe te pas.[9] Die Israeliese regering en Amerikaanse nieregeringsorganisasies soos die American Association for Ethiopian Jews (Amerikaanse Assosiasie vir Ethiopiese Jode, AAEJ) het alijá-bedrywighede geloods[10] om die mense na Israel te bring.[11] Hierdie aktiwiteite sluit in Operasie Broers tussen 1977 en 1991 in Soedan (dit sluit die groot operasies Moses en Josua in) en in die 1990's van Addis Abeba (wat Operasie Salomon insluit).[12][13][14] Van die grootste alijá-operasies sluit in Moses (1984/85), Salomo (1991) en Duifvlerke (2011). Tans bly nog sowat 8 000 Jode in Ethiopië, waarvan omtrent 5 000 in Gondar.[15]
Teen die einde van 2010 was daar 119 700 mense van Ethiopiese afkoms in Israel, insluitende sowat 78 900 mense wat in Ethiopië gebore is en ongeveer 40 800 wat in Israel gebore is (sowat 34 persent van die gemeenskap) met minstens een ouer wat in Ethiopië of Eritrea gebore is.[16] Net 'n klein aantal van Ethiopiese Jode het in Ethiopië oorgebly, terwyl 'n verdere aantal hulle in die Verenigde State gevestig het.
{{cite book}}
: |work=
ignored (hulp)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: plek sonder uitgewer (link)
{{cite book}}
: |work=
ignored (hulp)
{{cite book}}
: |work=
ignored (hulp)
{{cite book}}
: |work=
ignored (hulp)